Praderskaal

Die Praderskaal is ’n rowwe gradering van die mate van vermanliking van menslike geslagsdele,[1][2] en is soortgelyk aan die Quigleyskaal. Dit is genoem na die Switserse geneesheer Andrea Prader.

Dit hou hoofsaaklik verband met die vermanliking van die vroulike geslagsdele in gevalle van oorerflike adrenale hiperplasie, en identifiseer vyf afsonderlike stadiums. In onlangse tye word dit gebruik om ’n reeks differensiasies van geslagsdele te beskryf, met normale babas aan elke kant van die skaal: vroulik links (0) en manlik regs (6).[3]

  1. White PC, Speiser PW; Speiser (Junie 2000). "Congenital adrenal hyperplasia due to 21-hydroxylase deficiency". Endocr. Rev. 21 (3): 245–91. doi:10.1210/er.21.3.245. PMID 10857554.[dooie skakel]
  2. Prader, Andreas (1954). "Der genitalbefund beim pseudohermaphroditismus femininus der kengenitalen adrenogenitalen syndroms". Helv. Paedialr. Ada. 9: 231–248.
  3. "Figure 1: The Prader Scale. Top: schematic representation of the..." ResearchGate (in Engels). Besoek op 13 Junie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search